
=====================================================================
'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding'

NOU die dag kom my seuntjie van die skool af.

"Ek moet twee rand boete betaal," s hy.

"Vir wat?" vra ek.

"As jy 'n Engelse woord in die Afrikaanse klas s, moet jy 'n rand betaal," s hy.

En glo my, dis pas die volgende dag toe s hy: "Ma, dis nou tyd vir drie rand. Drie Engelse woorde was uit voor ek kon keer."

"Kan jy nie uit die moeilikheid bly nie?" vra ek.

"Maar die dominee praat dan ook so! Dis Engelse woorde all over the place wanneer hy praat," s my seun. "Ja?" vra ek.

"Jy weet mos in die aande by die kerk. Dan's daar 'n band. En ons sing gospel. En die dominee praat so asof dit speeltyd by die skool is. 
Jy weet, so los. So wanneer jy eerste aan 'n Engelse woord dink en dan s jy dit sommer. Net, die dominee klink so snaaks wanneer hy so 
praat."

"Probeer hy te hard?" vra ek.

"Ja, dis asof 'n mens vir hom wil s, cool it, baby, dis darem mos die kerk hierdie," s my seun.

En toe wonder ek of ons nie besig is om die kerk laf te maak nie. Ons praat nie so Afrikaans en Engels deurmekaar wanneer ons 'n 
voorlegging by die werk doen nie. Ons praat nie so wanneer ons iets wil koop of verkoop nie. Hoekom praat ons dan so roekeloos slordig in 
die kerk?

Ek vra dit nie omdat dit die kerkleiers was wat in die outyd die taalvegters was nie. Ek vra dit ook nie omdat ek dink die kerk moet hande 
hou met taal en kultuur om in die outyd te bly nie.

Ek vra dit ook nie omdat ek dink kanseltaal moet anders klink as ander taal nie.

Ek glo maar net: 'n Mooi sin is 'n mooi ding.

En 'n mooi sin is 'n sin waarvan al die woorde met dieselfde aksent uitgespreek word, woorde wat mooi by mekaar pas -- terwyl hulle jou 
siel laat bibber wanneer hulle jou lewe raakvat. Sonder dat jou aandag afgelei word deur 'n tingeling-woordjie. Sonder dat jy van die 
boodskap kan ontsnap in 'n prettige woordjie in.

Ja, natuurlik moet ons kanseltaal ligter word. Met minder naamwoorde.

En nie asof die taal self die waarheid is nie.

Maar gaan ons dit regkry deur in banale Engelse woordjies te ontvlug -- wat Engels self nie eens wil h nie? Of sal ons s: Afrikaans kan 
'n tuiste skep vir nuwe gedagtes. Afrikaans kan los en lekker oor God praat. Kortom, Afrikaans kan verandering hanteer. Afrikaans kan 
regstel!

Ek onthou dat ek 'n proffie gehad het, toe ek 'n student was, wat my 'n goeie ding geleer het. Hy het my geleer dat wat jy in een taal kan 
s, jy ook in 'n ander kan s. Dit was immers die hoop van alle (Bybel)vertalers. En, het hy ges, jy hoef nie 'n stukkie uit een taal te 
gaps vir jou taal nie. Dit steur net mense se ore.

Dis di dat ek toe mos nou die dag 'n ding oor poligamie skryf. Die mense s haai, vir wat doen jy so 'n ding? Ek s, ek wou kyk of 'n mens 
ook die onmoontlike in Afrikaans kan s. En ek dog toe nou ja, 'n mens kan! Maar die mense s, nee, jy moenie mooi sinne oor 'n lelike ding 
skryf nie. En dit laat my toe nou dink dat ek die dominees die teenoorgestelde wil vra. Asseblief, my manne en my mense, moenie in lelike 
sinne oor iets so mooi soos godsdiens praat nie. Moenie sulke lelike Engelse teikenwoorde ron dgooi wanneer julle met dinge soos hoop en 
lewe besig is nie.

Sulke sliertige taal is nie goed vir godsdiens nie. Godsdiens moet jou juis laat glo dat daar iets beters as die alledaagse is. Dat die 
opdraande weer gelyk kan word. Dat mense ook 'n goeie kant het, wat hulle vir jou wil wys.

En hoe moet jy nou in hierdie mooi goed glo wanneer die dominee in lelike sinne met jou daaroor praat?

Hoe gaan jy aan goud in die strate glo -- hoe metafories ook al -- wanneer die dominee 'n slopemmer vol groovies en spiffs en ah man's oor 
jou kop omkeer? En hoe gaan jy aan 'n beter toekoms glo as die dominee klink asof jy hom speeltyd onder die rugbypale raakgeskop het?

Hierdie geroesemoes is nie net sleg vir godsdiens en sleg vir Afrikaans nie. Ek wed jou dis sleg vir Engels ook.

Dis di dat my seun gister by die huis kom en s: "Ma, ek moet een rand boete betaal."

"Vir wat n weer?" vra ek vies.

"Vir die Engelse klas," s hy.

"Vir die Engelse klas?" vra ek verstom.

"Ja," s hy. "Ek het vir die juffrou ges daardie storie wat sy vir ons gelees het, was cool. Net so. Ek s: "The story was cool, miss."

"En toe?" vra ek.

"Toe s sy: "You don't do this to my language again, my dear." Prof. Christina Landman   van die Instituut vir Teologie/Religie aan die 
Universiteit van Suid-Afrika.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6115.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

